MEER OOR ONS


Maskam Brouery se storie


Die MBC (Maskam Brewing Company) is in April 2016 langs die R363 roete, tussen Vredendal en Lutzville, gestig. Die brouery, wat 'n familie-restaurant insluit, word deur die Botha-familie bedryf en brou verskillende craft-biere."

Dit is die eerste craft-brouery in die Matzikama-area en brou drie soorte bier, naamlik Blonde Ale, Amber Ale en Weiss. Die brouery bied bierproe aan en die bier is ‘on tap’-of per bottel beskikbaar. Die restaurant is ’n kindervriendelike area met ’n speelpark en ’n dieretuin en het ook ’n betroubare persoon wat na die kinders omsien. Joyce Botha is betrokke by die bestuur en bedryf van Maskam Brouery se restaurant. Dis ’n ideale venue vir funksies, soos kinderpartydjies en verjaardae. Persoonlike aandag en uitnemende diens is ons leuse!


 

Beide seuns van die Botha-familie boer op die plaas en die brouery word deur Maree Botha bedryf. Sy ma, Joyce Botha is betrokke by die bestuur van die restaurant.