Weiss

 
Maskam se huldeblyk aan die klassieke Duitse Hefeweizen.

Hierdie verfrissende koringbier word met ingevoerde Duitse koringmout en Hallertauer-hops volgens die tradisionele Duitse metode gebrou. Maskam Weiss het ’n kenmerkende subtiele skerpheid wat afgerond word deur brood- en gisgeure en ’n medium na volronde tekstuur. Baie lae bitterheidsvlakke verseker dat die koringmout deurkom op die palet, saam met ligte sitrus- en naeltjiegeure, vanweë die brouery se spesiale weiss-gis. Op sy beste reguit vanaf die brouery se bierkraan!

5%APV