Amber Ale

 
Hierdie is Maskam se weergawe van die klassieke, volronde Amber Ale. Die bier is oorspronklik in Noord-Amerika, langs die weskus, gebrou en word nou gemaak langs die Suid-Afrikaanse weskus!

Die Amber Ale is koperkleurig, vanweë die drie spesialiteitsmoute wat bygevoeg word tydens die brouproses, en het soet karamel- en geroosterde geure. Meer hops word gebruik tydens die brouproses en die Amerikaanse Cascade-hops verleën ’n subtiele sitrusaroma op die neus. Gemaak om maklik af te gaan, tog propvol houding- en geur!

6%APV