WELKOM

Maskam Brewing Company is geleë langs die R363, buite Vredendal, op die Botha-familieplaas. Die craft-bier kry sy naam van die water, wat afkomstig is van 'n fontein in die Maskamberg, waarmee dit gebrou word.


Blonde Ale

Hierdie semi-swaar bier het sterk hop-karakter met 'n sagte, mouterige soetheid. Dit het 'n diep goue kleur wat aansluit by vrugtige sitrus-aromas en heuning ondertone.

Lees meer

Amber Ale

Hierdie semi- na volronde bier het 'n medium karbonering. Die kleur reflekteer 'n diep koper-bruin, wat gepaardgaan met speseryagtige, tropiese vrugte-aromas.

Lees meer

Weiss

'n Verfrissende Duitse koringbier met hoë karboneringsvlakke. Hierdie ligte, strooi-kleurige bier het onmiskenbare piesang- en naeltjie-aromas vanweë die gis.

Lees meer

Cider

Maskam se Apple Lemon Cider is nou op die vat by die restaurant beskikbaar. Cider is 'n verfrissende craft-drankie vir diegene wat van iets soets hou.

Lees meer

KOM PROE

Langs die R363, tussen
Vredendal en Lutzville